Spasie vir die gesin/ afgetredenes wat ‘n lock-up en go lewensstyl wil hê, maar nie in ‘n hokkie wil bly nie!
Hierdie KLINKER MEENTHUIS is oorspronklik ruimer gebou as die standard 3slaapkamer met ‘n ekstra slaapkamer en suite badkamer langs die motorhuis sodat dit meerdoelig gebruik kan word. Maklik om dit as ‘n studio/werkskamer of tienerkind se slaapkwartiere te gebruik. Dit is ook moontlik om ‘n gekwalifiseerde versorger daarin te laat bly indien die eienaar van die meenthuis later hulp mag nodig hê.
Die afstandbeheerde dubbel motorhuis het sementvloere en ‘n plafon en het ook ‘n oprol deur na die agtererf sodat bykomende voertuie veilig en buite sig geparkeer kan word. Dit verleen ook direkte toegang tot die meenthuis.
Groot ruim sitkamer met ‘n wintersonnetjie venster wat dit ‘n ideale kuierplek maak. Woonkamer-kombuis is oopplan met ‘n aparte opwas en waskamer. Ontbytnook, Ooghoogte oond en marmerblad maak dit ‘n moderne opset. Lekker Noordestoep – ideaal vir ‘n hekelwerkie of om saam ‘n koffietjie te drink.
Die grondjie is groot genoeg om in die agtererf ‘n lekker groente-kruie tuintjie te kan aanlê vir die wat ‘n passie daarvoor het. Die eiendom is alkante omhein.
Vir die mense buite die KOSH area – Klerksdorp is op die N12 roete met baie goeie skole en mediese fasiliteite beskikbaar – ‘N IDEALE AFTREE GELEENTHEID IN HIERDIE KOMPLEKS.
IDEALE LIGGING in FLAMWOOD KLERKSDORP NOORDWES– naby winkel sentra, hospitale, banke en restaurante.Die totale kompleks bestaan uit losstaande meenthuise en bejaardesorg suites asook verswaktesorg eenhede.
Hierdie kompleks het ‘n Ontspanningssaal met braai asook ‘n swembad vir die inwoners van die kompleks.
Kompleks word 24/7 gemoniteer met ‘n hekwag envoetpatrollie in die aande.
Goeie beleggings eiendom en kan maklik verhuur word.