SPROKIESMOOI vir AFTREDE of vir gesin wat wil afskaal.
Vergenoeg vir ‘n wandeling om die sonsondergang te kan waardeer. Naby genoeg vir kinders/ kleinkinders om laerskool toe te stap.
Oopplan leefvertrekke met aparte braaikamer en uitleef tuintjie.
Hierdie drie slaapkamer voltitel meethuis het BAIE ingeboude kaste.
Luukse kombuis met granietblad en aparte opwaskamer. Moderne badkamers. Twee motorhuisemet direkte toegang tot die braaikamer.
EKSTRAS
Klein woefkind word toegelaat
Jojo tenks vir opvang van reënwater
Trellideure by buite deure
Wendyhuisie vir gereedskap of pophuis
Lugreëlaars
Koopkrag
Kragopwekker – oorskakelaar (Let wel kragopwekker is nie ingesluit nie)
Kontak vandag