Listings
Articles
Collections
More
Contact Us
Agents
About Us
Terms
Calculators
Property Valuation
Trots Doringkruin
by Frans Roos •
1 MIN • 230 Words
Trots Doringkruin
Kom ons maak van Doringkruin 'n plek wat ons trots is om tuiste te noem!
Property Services het vandag begin met die Muranti skoonmaakprojek. Die aksie sal volgende week voortgegaan. Die bepanning is om eers die kruisings skoon te sny daarna alle rommel op tel.
Voordele van 'n Buurtvernuwingsprogram:
'n Buurtvernuwingsprogram hou die potensiaal in om gemeenskappe te transformeer, wat 'n gevoel van trots, veiligheid en eenheid onder inwoners bevorder. Sulke inisiatiewe bring talle tasbare en ontasbare voordele mee wat bydra tot die algehele welstand en volhoubaarheid van die woonbuurt.
Behalwe vir gevoel van eienaarskap en trots bevorder buurthernuwingsprogramme ook verhoogde eiendomswaardes. ’n Goed onderhoude woonbuurte ervaar dikwels ’n styging in eiendomswaardes. Hoër eiendomswaardes lok nuwe inwoners en besighede, wat ekonomiese ontwikkeling verder aanwakker.
Hoekom betrokke raak?
Bevorder positiewe veranderinge wat in ons omgewing plaasvind.
Maak kontak met jou bure en bou 'n sterker gemeenskap.
Kom meer te wete oor komende projekte en hoe jy betrokke kan raak.
Deel gedagtes en idees vir die toekoms van Doringkruin.
Dankie aan die die besigheid wat die ingang van Doringkruin gesny het.
Dorinkruin Spar het ook ingespring om die gras in Muranti te sny.
Japie, dankie vir die sny van die doringbome by Boekenhout kruising.
Saam kan ons 'n lewendige en florerende gemeenskap skep.
Kontak Frans Roos van Property Services om betrokke te raak of ’n bydrae te maak, 0833788826
:
• S H A R E •